Ella Neser 01 - Die verdwyning van Billy Katz
Chris KarstenMoordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar
hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is
verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor
te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele
oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van
Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met
Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig
verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die
Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te
help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie ...
En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene
(nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.